DE BEERS PROKUREURS ING.

gallery/img-20170704-wa0006

Maak ons jou regsvennoot
 

As 'n algemene regspraktyk is dit ons doelwit om jou van baat te wees in alle regsaangeleenthede. Van jou persoonlike lewe tot jou werk is ons slegs 'n oproep weg om jou van raad en professionele regsadvies te voorsien. Ons bied u toegang tot bykomende hulpbronne en strategiese dienste.

Familie Aangeleenthede

 

Omdat De Beers Prokureurs jou van persoonlike diens verskaf, plaas dit ons in die ideale possisie om ook jou prokureur te wees in persoonlike aangeleenthede, soos familie sake. Ons bied jou bystand met egskeiding-, onderhoud- en regs aangeleenthede rondom kinders.

Beskerming van jou boedel gedurende jou leeftyd en na jou dood is ook vir ons prioriteit en ons staan kliënte by met testamente, trusts en boedel beplanning.

Advokate

 

Wanneer De Beers Prokureurs gebruik maak van 'n advokaat om jou saak suksesvol te behartig maak ons slegs gebruik van ervare advokate wat hulself al bewys het. Ons het toegang tot 'n arsenaal van senior sowel as junior advokate wat ons hande sterk maak om jou van professionele regsdienste te voorsien.

Regsadvies

In vandag se korporatiewe wêreld word jy, sowel as jou besigheid, daagliks gekonfronteer met vrae en probleme wat uitdagend en onbekend mag wees. By De Beers Prokureurs is ons regspan getrou tot jou beskiking om antwoorde op jou vrae en oplossings vir uitdagings te vind en jou sodoende tyd gee om te fokus op die dinge wat saak maak.

Diegene wat reeds op kontraktuele basis aangesluit het by ons spreek van tevredenheid oor voortdurende advies en bystand wat deur ons op 'n daaglikse basis verskaf word in hul besigheid.

Boerdery word deesdae op soveel vlakke uitdagend en jy kan feitlik nie meer boer sonder jou prokureur se bystand nie.  De Beers Prokureurs sal jou bystaan om nie net jou boerdery te beskerm nie, maar ook seker te maak jy boer vooruit.

gallery/lawbooks
https://pixabay.com/get/ea30b1072af6063ed1584d05fb1d4e92e573e6d619ac104496f1c77ca7e4b4ba_1280